Koos op ‘n wyntoer

Koos is op sy eerste wyntoer in Stellenbosch. Die wingerde, die berge, dis alles net te mooi vir hom.

Koos verkyk hom aan die klein vliegies wat so dwarrel om sy glas rooiwyn. Sy gesig verander egter gou in ‘n frons toe die eerste vliegie in die wyn val.

Versigtig steek Koos sy duim en wysvinger in die glas. Hy tel die vliegie versigtig op en hou dit net bo die wyn. Toe knyp Koos die vliegie so al wat hy kan en sê: “Spoeg uit bliksem!”

(oorspronklik verskyn 12 April 2012)

Lewer kommentaar

Leave a Reply