Die geneeskrag van skepwerk, handewerk, ‘n gehekel van gedagtes wat bruikbaar neerslag vind in daardie doodsmisbruikte woordjie: KUNS
Ken jy iemand wat heel anderkant by ‘n skool of liefde of huwelik of werksplek uitgekom het nie. Niemand.
Of jou lewe ‘n klaende country song is, of ‘n popliedjie wat te lank op repeat speel tot jy lyk soos ‘n ou heks in tienerklere op ‘n skoolpaartie, en of jy voor die kaggel sit en ween met die aanhoor van opera-arias waarvan die volle simfonie-orkes en liriese sopraan nié die orkaan in jou hart kan ewenaar nie, jy het gebreek, en tot nou toe nog oorleef.
Dís die stof waarvan ons ‘n drie-uur konsert nou bou, musiek, liriek, skilderye, satire en trooskos met ‘n ánder aanslag.
Die Vlerkspan soek edelstene in die ruïnes, gedigte in die letsels, ware verhale in die raaiselskilderye, humor in die medisynekas.
Kom geniet op 18 September Vlerkvat by die Drostdy Teater, Stellenbosch. Delia Retief skyf, dit is ‘n geleentheid met voorlesings oor oorlewing deur Nic De Jager, kombuisliefde deur Renette Vosloo, letselgeneesde verfsere deur Victor Harley, Isobel Knox en Jan Barend Wolmarans, nuwe musieke deur Jacques Steyn, die onvoorwaardelike sorg van Ingrid Howard en die samewerking van CHAIN BOLAND DIERESORG.
Besprekings: R550pp
Glas wyn en kuierkos ete ingesluit
Charlotta Steyn
083 845 6466
charlotta@steyn.pro
