Twee seuntjies stry.
“My pa is beter as joune.”
“Issie!”
“Is! My ma is ook beter as jou ma.”
“Ek weet! My pa sê ook so!”
Die plaastannie van die Karoo se drie seuns het almal die land verlaat om in Londen te gaan werk soek, waar hul dan ook almal baie suksesvol was. So net voor Kersdag kom die drie bymekaar en spog met die geskenke waarmee hulle ma gaan bederf.
Piet: “Ek het vir mammie ‘n reuse huis laat bou.”
Gert: “Ek het vir mammie ‘n Toyota Land Cruiser gestuur met ‘n voltydse chauffeur.”
Sarel: “Ek het vir mammie ‘n papegaai gestuur wat die hele Bybel van voor na agter kan opsê.”
Vroeg in die nuwe jaar ontvang die drie seuns ‘n brief van dank van hul moeder.
“Piet, die huis is pragtig, maar dit sukkel maar om die groot plek skoon te hou.
Gert, die trokkie is mooi, maar mammie ry mos maar net een keer per week dorp toe. Ek vat maar nog oorle pappie se bakkie, want mens kan darem nie die grend ryding vuilmaak nie. Daai drywer vertrou ek ook nie.
Sarel, dankie my kind, die hoender was heerlik!”
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
