Koos se eerste kliënt by sy nuwe begrafnisdiens was ‘n weduwee wat graag haar man in ‘n blou pak wou laat begrawe. Koos het eers gestry, want die man het reeds ‘n mooi swart pak aan sy lyf gehad, maar gee toe maar bes.

Op die dag van die begrafnis loer die weduwee in die kis en sien haar man daar, geklee in die mooiste blou pak. Met trane in haar oë vra sy vir Koos waar hy die pragtige pak klere gekry het.

“Ag, die was net ‘n gelukskoot.” sê Koos. “Daai selfde middag neem ek ‘n man hier op met die blou pak klere aan sy lyf. Ek vra toe sy weduwee of sy sal omgee as ek hom in ‘n swart pak begrawe, en sy het toe geen probleem daarmee nie …”

“toe ruil ek net die koppe om.”

(oorspronklik gepubliseer 10 Oktober 2009)

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar