Kallie bel vir Mike, wat bietjie olik gevoel het die vorige dag.
“Was jy toe by die dokter Mike?”
“Ja, hy het vir my medisyne gegee. Gesê ek moet dit drink na ’n warm bad.”
“En het jy dit al gedrink?”
Nee, ek drink nog aan die warm bad.”
***
“Jannie!” skel juffrou tydens die toets.
“Ek hoop nie ek het nou net gesien hoe jy by Sannie afskryf nie!”
“Ek hoop ook nie so nie juffrou.”
***
“Sal jy met my trou Sannie?” vra Jannie.
“Ja,” sê Sannie, “maar net as jy my pa vra.”
(later)
“Wel, ek het jou pa gevra.”
“En wat het hy gesê?”
“Hy het gesê hy is reeds getroud.”
***
Hoekom het die blondine ’n maatband saam bed toe geneem?
Sy wou sien hoe lank slaap sy.
***
Hulle noem dit ons Moedertaal, want vaders kry selde kans om iets te sê.
***
Is jy ’n universiteit?
Want jy’s anibrand!
