Om ‘n volstruis te jag

Jannie verkoop volstruisleer-sakke langs die pad vir sakgeld. “Volstruise gaan jag.” Antwoord hy as mense hom vra waar kry hy die leer.

“Hoekom is die sakke so vuil?” Wil ’n oom weet.

“Dis waar die volstruise die grond getref het … toe hulle uit die lug val.” Antwoord Jannie slim.

“Gemaak van volstruise wat uit die lug val? Dis mos ’n leuen jong man.” Sê die oom. “Almal weet volstruise kan nie vlieg nie.”

“Hulle kan hulle doodval as jy en jou hond hulle in ’n sloot jaag.” Antwoord Jannie vinnig.

“In ’n sloot jaag? Dis mos nie so erg vir so ’n groot voël nie. Ek sal verbaas wees as hulle ’n been breek.” Reageer die oom vererg.

Jannie: “Hulle was net so verbaas toe hulle onder in die sloot daai trampoline tref.”

♦♦♦

(Stuur jou grappe na bydraes [by] roekeloos.co.za)

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply