Die bus onderweg na Pretoria stop op Ventersdorp en twee jong boere van die distrik klim op. Dit vat nie lank vir hulle om op te merk dat daar ‘n jong swart student net oorkant die paadjie van hulle sit nie.
Die student skop sy plakkies uit en begin hom net gemaklik maak vir die laaste gedeelte van die reis toe die een jong boer sê:”Ek is nou so lus vir ‘n Coke. Ek wonder of die laaitie hier oorkant ons nie vir die buswaardin wil gaan vra vir ‘n brandewyn en Coke vir my nie, hy sit tog nader as ek?”
“Maar alte seker” sê die student en spring op om ‘n brandewyn en Coke te gaan haal.
Terwyl die student weg is tel die jong boer sy een plakkie op en spoeg daarin. Met sy terugkeer sê die ander jong boer: “Jong, hoe lus is ek nou vir ‘n brandewyn en Coke!”
“Geen probleem nie” sê die student en weer is hy weg.
Terwyl hy weg is tel dié boer sy ander plakkie op en spoeg daarin.
Met hul aankoms in Pretoria trek die student sy plakkies aan en besef dadelik wat gebeur het. “Hoe lank moet dit nog aanhou” sê hy. “Hierdie sinnelose bakleiery tussen groepe? Die haat? Die onverdraagsaamheid? Die spoeg in skoene? Die pis in brandewyn en Coke?”
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
