Oorlede vrou

Koos was pas getroud toe sy vroutjie ernstig siek word. Op hul afgeleë plaas in die Karoo was daar nie dokters nie en na ses dae was almal oortuig sy is oorlede.

Haar liggaam is toegedraai in mooi skoon linne soos die gebruik was op die plaas. Vier sterk mans uit die omgewing het haar op hul skouers gedra na die graf. Toe hulle onder ‘n doringboom deurstap steek ‘n doring deur die lap in die “lyk”, en daar gee sy ‘n gilletjie. Sy was nooit oorlede nie, net in ‘n koma. Die jong Koos was oorstelp van vreugde.

Vyftig jaar van getroude lewe later sterf die tannie en word sy weer op die tradisionele manier voorberei vir haar laaste rusplek.
Oom Koos het op die stoep gestaan en die hele seremonie gade geslaan. Toe die vier sterk mans in die rigting van die graf begin stap met die tannie het oom Koos van die stoep af van hom laat hoor:

“Hou tog net wyd om daai doringboom kêrels!”

Lewer kommentaar

Leave a Reply