Terwyl die pastoor preek kruip ‘n perdeby by sy broek in. Hoe meer lewendig die pastoor op die preekstoel raak, hoe meer geïrriteerd raak die perdeby in sy broek. Die perdeby bereik uiteindelik breekpunt en begin die pastoor verwoed steek. Nie dat die pastoor hom so maklik van stryk laat bring nie, hy preek volstoom voort, maar sy onderlyf word met groot ywer in alle windrigtings gestoot; so af en toe slaan sy hand ook in daai rigting.
Meraai en die storie so gekyk en toe sê sy: “Tipies man! Vol mooipraatjies, maar die duiwel skuil in sy broek!”
