Ry

Die plaasboer het drie seuns. Sy jongste kom by hom en vra: “Pa, sal pa vir my ‘n fiets koop?”
Die boer antwoord: “Boeta, sien jy daai groen John Deere trekker wat daar staan? As ek hom klaar afbetaal het dan koop ek vir jou ‘n fiets.”
Die middelste kom by hom en vra: “Pa, sal pa vir my ‘n motorfiets koop?”
Die boer antwoord: “Boeta, sien jy daai groen John Deere trekker wat daar staan? As ek hom klaar afbetaal het dan koop ek vir jou ‘n motorfiets.”
Sy oudste kom by hom en vra: “Pa, sal pa vir my ‘n motor koop?”
Die boer antwoord: “Boeta, sien jy daai groen John Deere trekker wat daar staan? As ek hom klaar afbetaal het dan koop ek vir jou ‘n motor.”
Die drie seuns is vreeslik vies vir die trekker. Die jongste stap deur die hoenderhok en sien die haan op die hen. Hy haak af en skop die haan dat hy doer trek en sê: “Niks word op die plaas gery voor daai John Deere trekker klaar afbetaal is nie!

skrywer: Jaco Botha

Lewer kommentaar

Leave a Reply