Ringnekke II

Hi daar aan al die voël-mense.

Ek was lanklaas hier en was verbaas om te sien dat daar so baie van julle is met baie dieselfde tipe vrae. Weer gaan ek probeer help en kyk of iets vir julle gedoen kan word.

Wat die African Grey aanbetref, hulle kos kan dieselfde wees as die Ringnek s’n. Daar is geen verskil nie. Vars vrugte – sonder pitte baie belangrik – vars groente noodsaaklik, en vars skoon water 2x per dag. Hulle is lief vir enigeiets wat jy eet en sorg net dat kos wat jy hulle voer geen sout of suiker bevat nie. Dis skadelik vir hulle.

Hulle moet nie net saad kry nie, dit is ongesond ten eerste en tweedens, word hulle te vet daarvan wat hulle lewens radikaal verkort. Hierdie geld vir Grey en Ringnek. As jy graag ‘n gelukkige voel soek moet jy bereid wees om te sorg dat hulle reg eet. Ja, hulle mors baie, maar dit is iets wat ons moet aanvaar en nie ophou gee wat hulle nodig het nie.

Myne is nou 2 jaar gewees, en gesels vreeslik baie. Julle sal verbaas wees hoe hulle woorde leer wat jy nie onder hulle aandag gebring het nie. Die ringnek, praat gewoonlik net so vinnig soos ‘n Grey, maar hulle het albei maar hulle tyd daarmee. Moet net nie moedeloos raak en ophou leer nie. Herhaal woorde wat pas by wat jy op daardie oomblik doen, sodat hulle woorde in konteks kan leer.

Ja, aandag is vreeslik belangrik. Gee daarvan soveel moontlik, maar daar is iets wat belangrik is en wil dit net onder julle aandag bring. Hulle, Grey en Ringnek, het tenminste 8-10 ure slaap nodig. Hulle wilde geaardheid is maar om te slaap wanneer die son sak. Daarmee probeer ek jou nie voorse om 7uur reeds hom te laat slaap nie, maar nie wakker te hou tot na 11 uur vanaand nie. Dit veroorsaak ‘n mate van spanning vir hulle en ja, kan die oorsaak daarvan wees dat hulle humeurig raak. Dis van min slaap.

Maak hulle gelukkig en jy gaan ook gelukkig wees met hulle.

Daar is verskeie verduidelikings rondom die wat hulle vere uittrek. Sommige beweer dis van verveeldheid en ook dat hulle dieet nie reg/korrek is nie. Onthou dat hulle in hulle natuurlike habitat altyd klim en klouter. Dan byt hulle ook nog aan alles wat vreemd en nuut lyk. Aangesien hulle vreeslik nuuskierig van geaardheid is, sal hulle heeldag besig raak met ‘n vreemde voorwerp. Sodoende trek dit hulle aandag weg van hul liggaam af.

Hulle moet speelgoed kry wat altyd weer met nuwes geruil kan word. Bêre die oues en gee nuwes. Maar asseblief, wanneer daar nuwe speelgoed gekoop word moet dit eers vir ‘n tyd aan hulle bekend gemaak word deur dit iewers naby hulle, nie aan of binne die hok nie, op te hang sodat hulle gewoond kan raak daaraan. Wanneer jy dit dan in die hok aanbring is hulle reeds gewoond daaraan.

Wanneer hulle verveeld raak, raak hulle bewus van hul liggame. Dan waai die vere. Hou hulle maar besig soveel moontlik en gee hulle die regte kos voordat daar ‘n probleem ontstaan.

Ek het vrugtebome se takke geneem en daarvan in sy hok geplaas wat hom ure lank fasineer. Wanneer daardie tak vernietig is plaas ek maar net weer ‘n nuwe in. Moet asseblief onder geen omstandighede avokadopeer-boom se takke vir hulle gee nie – DIS DODELIK.

Hout-speelgoed is die beste om te gee. Troeteldierwinkels het gewoonlik ‘n groot verskeidenheid. Indien jy plastiek gee, maak net seker dat dit die harde plastiek is aangesien hulle bekke skerp genoeg is om dit stukkend te byt en moontlik daarvan kan inkry. As hy ‘n speelding verniel moet jy weet dat hy dit geniet het.

As ek iets oorgeslaan het, vergewe my, ek sal weer kom loer ek kyk of ek kan help. Wat die eiers aanbetref, verwyder maar net en wees geduldig met haar. Broeis gaan sy gewis raak, want jy moet weet hulle betree ook ‘n volwasse stadium en wat ookal daarmee gepaard gaan.

Geniet julle voel-kinders en sterkte met die volharding.

 

skrywer: Francien Mare

Sluit aan by die Gesprek

51 Kommentare

  1. Terug pieng: Voëls – Roekeloos

Lewer kommentaar

Leave a Reply