Slim mense van die Weskus

“Julle mense hier aan die Weskus is darem glad met die mond,” Merk ’n toeris op. “Hoe is dit dat julle so slim is?”

“Mavrou, dis oor die spesiale ou vissie wat ons hier eet, dat ons so slim is. Ons noem hom ’n bokkom. Mavrou kan een kry, maar hulle is duuuuuur. R50 vir enetjie.”
“Ek sal een neem.” Die toeris het die vissie een byt gegee en toe sê sy: “Maar dis net ’n gedroogde harder!”

“Sien! Mevrou is klaar slimmer!”

Lewer kommentaar

Leave a Reply