‘n Priester en ‘n non se nuwe gemeente was iewers in die woestyn, en al manier om daar te kom is met ‘n kameel.
Halfpad deur die woestyn besef hulle egter die kameel kan hulle nie meer dra nie en gaan enige oomblik sterf. Hulle klim af en slaan kamp op.
Na ‘n paar dae sterf die kameel. Die priester en non bid elke dag, maar dit lyk nie asof daar enige hoop vir redding is nie.
Op ‘n dag sê die priester: “Ek weet nou ek gaan een van die dae sterf suster, maar daar is nog een ding wat ek altyd wou sien – die naakte liggaam van ‘n vrou. Suster, sal jy jou klere vir my uittrek?”
Die non het daaroor gedink en stem toe in om haar klere uit te trek. “Nou dat ek daaraan dink Vader,” sê die non terwyl sy van haar klere ontslae raak, “ek het nog nooit ‘n man sonder klere gesien nie. Sal jy jou klere oo uittrek?”
Sonder om te huiwer trek die priester sy klere uit.
“Goeie genade!” roep die non uit toe sy die priester kaal sien “Wat hang daar tussen jou bene vader?”
“Dit” antwoord die priester “is ‘n gawe van God suster. As ek dit in jou sou druk sal dit nuwe lewe skep.”
“Fantasties!” roep die non uit, “maar vergeet van my, druk dit in die kameel.”
(Stuur jou grappe na bydraes by roekeloos.co.za)
