‘n Talentkompetisie van die nie-winsgewende organisasie, KidsCan! Jeugontwikkeling vir 7-25 jarige aspirant sangers en dansers by die Big Blue Fees, Kleinmond op 8 & 9 Jan 2010.
Die geleentheid word geskep om ons jeug die kans te gee om hulle talente te ontwikkel, selfvertroue op te bou en met positiewe aktiwiteite besig te bly gedurende die vakansie.
Die wenner se pryse sluit in:
- Om die voorprogram te doen vir een van SA se vooraanstaande kunstenaars wat in 2010 by Gatta Patat gaan optree.
- R1000
- R500 Geskenkbewys van Music Moods, Somerset Wes
Kry jou inskrywingsvorm by www.kidscan.co.za .
