The Times berig dat Suid-Afrikaanse akteurs beswaar gemaak het daarteen dat die Amerikaanse sangeres, Jennifer Hudson, gekies is om die rol van Winnie Madikizela-Mandela te vertolk in ‘n nuwe rolprent.
Die Creative Workers Union of SA (CWUSA) het die afgelope naweek ’n beroep op die (Suid-Afrikaanse) regisseur Darrell Roodt gedoen om sy keuse vir die hoofrol in die film te verander.
Volgens die koerant het die akteur John Kani gesê CWUSA reageer op ‘n versoek van president Jacob Zuma.
