Vinnig

Drie seuntjies sit en stry oor wie se pa die vinnigste is.
Klein Koos: “My pa is so vinnig nê, as hy ‘n pyl met sy boog skiet hardloop hy die pyl in voor dit die teiken tref.”
Pietie: “Dis niks, my pa kan ‘n koeël inhardloop as hy met sy geweer skiet.”
Jannie: “My pa is baie vinniger as dit. As hy halfvyf uitval by die munisipaliteit, is hy al vieruur by die huis.”

Lewer kommentaar

Leave a Reply