Vis vir ete

“Sorry waiter!” gil Jors in die Spur in die rigting van ’n groep kelners.


“Ja, meneer? Is daar iets fout?” wil sy kelner besorg weet.

“Ja, hoe lank nog voor daai vis kom wat ek bestel het? Ek verloor gewig soos ek hier sit!”

“Meneer, ons sal binnekort u vis vir u gereed hê.” Probeer die kelner hom verseker.

“Hel, maar ek sit nou al ’n tydjie hier. Miskien moet julle ouens ’n ander soort aas probeer.”

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar