Wie’s jou pappa

Dit was die dag dat die dominee moes kom huisbesoek doen en pa was weg vir werk. Klein Sannie se ma besluit toe sy sal maar vandag vir dominee ontvang saam met haar dogtertjie.

Sannie is egter goed voorgesê voor dominee gearriveer het.
“As dominee vra wat jou naam is, wat sê jy.”
“Sannie!”
“As dominee vra hoe oud jy is?”
“Ses jaar!”
“En as dominee vra wie het jou gemaak?”
“Hmmm … O ja, Liewe Jesus!”

So het dominee opgedaag en inderdaad gevra na Sannie se naam en hoe oud sy is. Die derde vraag het selfs sy opwagting gemaak:
“En wie het jou gemaak Sannie?”
“Hmmm …. mamma het vir my gesê wat die oom se naam is dominee, maar ek het bietjie vergeet.”

♦♦♦

(Stuur jou grappe na bydraes [by] roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply