
Die dachshund / dashond / worshond is oorspronklik in Duitsland geteel in die omgewing van 1550, spesifiek om ratels (dachs = ratel) te vang.
Die hond is ‘n uitstekende waghond met ‘n baie groter blaf as wat hy groot is. Worshonde is baie lojaal aan sy eienaars en kan soms agressief optree teen vreemde mense en honde.
Die honde leef sowat 12 tot 14 jaar.
(foto van Zahar deur Anna Utehina)

My ou maat (Bouvier Des Flandres) is dood. Kan iemand my asb help ek sal nooit 'n plaasvervanger vir hom kan kry nie maar wil graag weer so tipe hond hê. Dit was een van 'n werpsel wat nie 'n baas kon kry nie en ons het hom aangeneem. Het al baie navraag gedoen. Ook opsoek na breipatroon vir 'n jassie miniatuur worshond. Sal dit baie waardeer. Dankie.
Hier is 'n skakel na 'n patroon wat jy vir enige hond kan gebruik:
Patroon vir hondejassie
Die belangrikste ding wat potty training aanbetref is om consistent (ken nie die Afrikaanse woord nie) te wees en hope geduld. Peper en raas help nie en moet om hemels naam nie slaan nie die arme ding gaan dink sy mag nie piepie nie!
Aangesien julle werk gaan dit nie gou gebeur dat die hond nie meer in die huis mors nie en gaan jy nog 'n hele rukkie moet vloere was (innige simpatie, ek is daar deur). Waneer julle wel by die huis is moet brakkie uitgeneem word sodra dit lyk asof daar iets aan die kom is. Selfs al was daar 'n glipsie, vat haar buite toe sonder om 'n woord te sê. As sy wel haar besigheid buite gedoen het, maak 'n groot ophef daarvan – dit vat tyd en toewyding, maar dit sal werk.
Ek het 'n worshond ongeveer 6mnd oud. Deur die dag bly hy in die kombuis (sy speelgoed, bed en kos is by hom), omdat ons in 'n woonstel blok bly. Ons is wel op die grond vloer met 'n tuin maar ek is te bang om hom buite te los omdat dit nie dig omhein is nie en ek bank is iemand steel hom. Hy kry 125g Olimpic hondekos (50g oggend/50g middag tussen 1 en 2 en die res weer saans teen 6 uur.
My probleem is dat ek hom nie ge"potti train" kry nie. In die oggend 6uur maak ons die deur vir hom oop en hy doen sy ding buite maar wanner ek 1 uur by die huis kom lyk dit of die kombuis deur 'n orkaan getrek is. Dit is nie 'n klein hokkie waarin hy bedags moet bly nie! Hy skeur die koerant en mors orals en hardloop daar deur. Ek tel dan al die koerant stukkies op, laat hom weer uitgaan en maak hom weer 2uur toe. As ons 5 uur by die huis kom is dit maar dieselfde storie. Ek sorg dat sy bedde goed en speelgoed skoon bly en wat die vloere elke aand. Ons het nie kinder nie en speel saans met hom totdat sy tong uithang. Raas en peper werk nie en ek hou nie daarvan hom hom te slaan nie.
Enige iemand wat raad het help asseblief.
Hello friend: I've been visiting your web and I found "great", with good newspaper articles.
I would like to share with you and your readers more information about the Teckel dog breed.
I hope you like my blog "Dogs and Cats".
Greetings from Spain