‘n Vuur gevang in glas

“Jy praat en sing jou mond verby. Jou vak is immers cabaret. Maar by jou lied is ingebou. Die troostoon van ’n wyse vrou” – Hennie Aucamp oor Amanda Strydom.

Amanda Strydom lewer met dié vertoning ’n kragtoer met die werke van haar mentor, Hennie Aucamp – die vader van die Afrikaanse kabaret. Aucamp vier vanjaar sy 75ste verjaarsdag en dié vertoning is Strydom se eerbetoon aan haar meester.

Aucamp se liedtekste is getoonset deur Strydom en Lize Beekman, en die gelyknamige album is in 1998 benoem vir ’n Sama-toekenning.

Strydom vertolk ook verskeie monoloë uit Aucamp se pen. Die resultaat: egte kabaret.

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Aardklop 2009

Datums: 29 September 2009 – 20:30
30 September 2009 – 20:30
1 Oktober 2009 – 10:00
2 Oktober 2009 – 15:00
3 Oktober 2009 – 18:00

Venue: SABC2 Totiussaal
Tydsduur: 70 min
Taal: Afrikaans / Engels
Regie: Amanda Strydom

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar