

Desiree Huysamen van Bloubergrant, Kaapstad het hierdie foto’s gestuur van hulle foksies. Die onderste een se naam is Purdy. Sy is ‘n baie vriendelike hond. Sy’s mal oor die twee mannetjieskatte wat haar huishouding deel en soen hulle gereeld. Purdy het egter die probleem dat sy onderklere uitsnuffel en stukkend kou.
Het iemand miskien raad daarvoor?
Lesers sal dalk wil weet dat pugs, boxers en bulldogs asemhalingsprobleme kan ondervind op ‘n vliegtuig. Probeer om hulle op ‘n vlug te plaas vroeg in die oggend of laat in die aand. Die beste is om hulle nie te laat vlieg nie.
Klein hondjies wat tjank kan in ‘n sagte handdoek toegedraai word saam met ‘n wekker. Die wekker se getik herinner hulle aan ma se hartklop en hulle kalmeer sodoende.

Die beste raad om 'n hond te stop om alles te kou is om Tobasco(rooie) of enige chillie sous aan die goed te smeer, net 'n paar druppels. Dit doen geen skade aan die hond nie. Die hond proe dit een keer en daarna skrik die reuk hulle af. Dit werk uitstekkend. Maak seker dat die hond wel iets het wat hy mag kou, byvoorbeeld 'n hoef of groot been.
Ek het 10 maande oue foxie maar kan haar nie uit my potplante hou nie. Sy grou dit uit en dan gaan lê sy in die grond. Sy kou alles wat haar ogies kan sien in stukke.
Kan iemand asb raad gee, ons het 'n 4 weke oue Engelse Pointer gekry, hy slaap deur die dag en al probeer jy hom wakker hou slaap hy sommer in jou hand. Maar in die aand tjank hy dat die biesies bewe, ons vat hom uit om sy besigheid te doen, gee hom kos en melk maar hy wil niks weet om te slaap nie. Hy het 'n lekker warm bedjie, ons sit ook 'n bakkie met melk daar vir as hy dors word (van die baie tjank natuurlik)maar hy wil nie slaap nie. Soms sal dit 'n uur stil wees dan tjank hy, krap die deur en gaan mal. Kan enige iemand asb raad gee, ons is paste, moeg en moedeloos van die min slaap.
Tx