Velsiekte by honde

Ek het nie kommentaar nie maar soek hulp/raad met my 2 swart wolf honde. Hulle lek hulle voor- en agterpote tussen kussingkies stukkend, asook hulle pense. Krap ook baie. Was al by veearts, het gebad met allergiese sjampoo, vlooi poeier gegee, sprei met ‘n sproei vir vlooie, dieet paar maal verander, pille gekry vir allergie, niks help. Word weekliks gekam en borsel. Geen teken van vlooie of bosluise. Het selfs olie oor kos gegooi wat veearts gegee het. Ek het raad gekry om groente te meng met hulle blokkies. Ek het altyd “Vets Choice” vir hulle gekoop, dit het hulle lang tand vir ‘n jaar geëet, toe gee die veearts ‘n ander produk, dit wou hulle nie eens aan raak. Ek het toe oorgegaan na Pedigree. Na 2 maande het ek gesien hulle het ‘n spesiale pak net vir wolfhonde. Hulle eet dit, maar nog steeds dieselfde probleem. Ek het raad gekry om groente soos aartappels, seldery en wortels te kook, in die versapper te gooi en met hulle kos meng. Rou bene en vleis tussen in, maar niks werk. Weet nie meer wat om te doen. Hulle is 2 jaar oud en het die laaste 3 maande ergerlik begin. Hulle is mal daaroor om binne te bly omtrent meeste van die dag binne, speel graag buite, maar slaap saans en bedags binne. Hulle beddegoed word elke week gewas. Kan dit dalk die waspoeier wees, dit word tog in my wasmasjien gewas en getuimeldroog. Ons boerboel toon glad nie sulke gedrag, sy eet dieselfde kos.
– Corrie Delport

Helena van Rooyen antwoord:
Ek het dieselfde probleem ondervind by my honde. Daar is ongelukkig niks wat jy kan doen nie. Dit is ‘n kroniese velsiekte, amper soos brandsiek. Jy kan Aquella Sjampoo probeer en kyk of dit help. My veearts in Pretoria het my honde ‘n middel ingespuit elke 3de week. Dit het gehelp net tot die middel uitgewerk is en dan begin dit weer van voor af. Ek gaan sy nommer vir jou gee. Bel hom gerus vir raad. Ollie Matthee

Adri le Roux skryf:
My Maltees wat ek het, het ook baie haar voete gelek tot dit wil lyk of dit wil bloei tussen die kussingkies. Haar vel was so jikkerig dat sy sere gehad het. Sy was allergies vir vlooie. Wat ons toe gedoen het is: ons het al drie ons honde se bedde goedgewas en hulle mandjies ook. Ons het al drie die honde ‘n goeie bad gegee en droog geblaas met haardroërs en toe net Frontline opgesit, ,van die nek tot amper by die stert. Dit is nou al seker 6 jaar later en het nog nie weer so ‘n probleem op getel nie.
Ek hoop hierdie werk vir jou.

Sluit aan by die Gesprek

77 Kommentare

  1. bad die hond in betadine vloeistof, laat nulle bietjie lê daarin, en smeer blomswael gemeng met vaseline gereeldan die hond

  2. bad die hond in betadine vloeistof, laat nulle bietjie lê daarin, en smeer blomswael gemeng met vaseline gereeldan die hond

  3. my hond [varkhond] vlooi is 8 jaar oud sy het knope op haar lyf wat oop gaaan en dan loop daar bloed en vloeistof uit en dt is geswel dt is nie volgend wat ek kan sien seer ni en het ook geen reuk ni alhoewel sy kooers het asb enige hulp kan help dankie

  4. hi daar,weet julle,ek het 6 honde en was bedek met vlooie,ek het 6 pille vir honde gaan koop,elkeen 1 gegee,en die vlooie was weg na n week en nooit weer n vlooi op hulle gekry nie,dit was 700r vir die 6 pille,maar dit het gewerk,dit is n honde tablet wat jy by apteke kry,het die naam vergeet,maar apteke het dit,vir klein en groot honde

  5. Gaan dit ook nou prober op my JR. Dankie Rika. Sal jou op hoogte hou. Esther bunton

  6. Heila De Lange

    Hi my Jack Russel is nou 8jr sy is baie sieklik van kleins af. Sy is gesterliseer baie allergies vir omtrent alle.Ek moet haar deesdae elke 3 maande veearts toe vat, dan kry sy kortisoon inspuitings wat haar baie vet maak. Sy lek haar privaat dele elke nag vreeslik. Haar neus trek heeltemal toe dit lyk of sy n gewas in haar neus kry nou sukkel sy om asem te kry. Ek sit vicks voor haar neer sodat sy kan asem kry. Sy lek ook haar voor pootjies baie, en haar hare val deesdae baie uit. Is daar enige iemand wat my kan raad gee wat sal help. Want die veearts se net sy is te vet
    Sy is nog gereeld op hitte maar is gesterliseer 8jr gelede al

  7. Ja, dit is baie frustrerend vir mens en dier as hulle sulke allergiee het. Begin met haar gewig en eksperimenteer met verskillende kossoorte. Os met grane in help gewoonlik nie.

  8. my Jack russel tefie het op die punte van haar ore sulke harde korse wat kan ek doen om dit te keer om verder te gaan en gesond te maak asb.

  9. Ons het n varkhond gekry by iemand wat moes trek en huis gesoek het. Ek is raad op sy bly nou 3weke by my haar hare by haar nek en pote is al uot geval sy krap haar self stukkend en haar nek lyk half geswel is daar enige raad vir dit? Wat kan ek doen om haar te help? Sy is ook dragtig ek het raad by n veearts gevra maar die dipstof wat hulle voor geskryf het staan moet nie op dragtige hond gebruik nie. As iemand my raad kan gee asb.

  10. Ons boerboel reun bly eet maar verloor baie gewig, ons het hom reeds ontwurm maar hy tel nie gewig op nie, hy is nou so 7 jaar oud. Hy loop ook elke nou en dan skeef, asof sy boud lam is. Hy het ook n knop op sy rug van so 2cm, dit is hard en beweeg saam met sy vel. Hy het die knop al vir ontrent 5 jaar so lyk nie of dit pla nie. Ons het hom brufen gegee vir 2 dae toe lyk dit of die knop amper weg is maar na n week is dit maar net weer trug. Ons het ook n boerboel teef as hy haar will dek klim hy op en maar weer af, asof sy agterbene hom nie bo will hou nie. Die Teef is nou so 5 jaar oud en elke nou en dan swel haar tepels asof sy lactose, maar sy is nie dragtig nie. Sy jeuk ook baie by haar stert en byt haar stert dat dit lyk of die bloed deurslaan. Ons sit gereeld druppels op vir vlooie maar lyk nie of dit die jeuk weg vat nie. Anders is hulle gesonde Wakker honde en beskerm ons as famielie asof hulle nog 2jaar oud is. Enige raad asb

  11. HI MY NAAM IS JACO EK HET N PIKENEUS SY JEEK EN KRAP HA STUKKEND HET AL ALS GEBRUIK WAT N MENS KAN KRY MA NET MOOI NIKS HELP NI SAL KOMETAAR DOP HOU DANKIE MENSE

  12. Hi Julle
    Ek het dieselfde probleem was die hondtjie met Shoulder to Shoulder sjampoo elke week en na 2 maande sal julle die verskil sien. Die hondtjie se vel is net droog ek het ook by die Vet geboer en niks het gehelp nie tot n man wat met honde boer vir my gese het ek moet dit probeer en dit gaan werklik baie beter met my hondtjie

  13. Bad die hond met Head & Shoulders Hair Fall Defense Anti-dandruff Shampoo 400 Ek bad my hondtjie 1x week en die krap is amper weg. Hulle het n droe vel en goggle gerus oor die shampoo is goed vir ons diere ook.

  14. Hi
    Ons sukkel ook met bulterier vel probleme, het raad gekry om Swael, Aloe Vaseline en paar druppels "tea tree oil" mengsel aan seer pleke te smeer na week lyk dit of daar positiewe resultate is. Het saam met dit kos ook verander na Liebe kos wat ook Aloe bevat, dis nou net duim vashou dat dit so belowend sal voortgaan.

  15. Hi
    Ons sukkel ook met bulterier vel probleeme, het raad gekry om Swael, Aloe Vaseline en paar druppels "tea tree oil" mengsel aan seer pleke te smeer. Het ook sy kos verander na Liebe wat ook Aloe bevat na week lyk dit of daar positiewe resultate is.

  16. Hi, ons het twee Labradors by die SPCA gekry, die swart een is 4 maande op haar beentjie het sy n droë plekkie gekry waar die hare uit geval het endie vel is baie droog so bietjie rooi. Dit wil nie gesond word nie. Word ook nie groter nie. Sy is verder baie gesond.

  17. Help asb my pitbull het sulke groot knoppe OP haar rug wat lyk soos n n eier

  18. Goeiedag. Ek het n 3 jaar oue Shnauzer wat sukkel met n velkondisie. Sulke rooi knoppies wat hy lek want dit jeuk seker, hare val dan uit…lyk soos n allergie. Kortisoon, antihistamien gebruik maar help nie….enige ander raad?? Veeartse so duur.

  19. Hi ek het n pit bull gekruis met n Labrador sys lig van kleur maar ek kort dringend raad asb sy is Baie oorgewig maar dis nie asof sy haar dood eet nie sy eet net haar pallets maar sy het ooral patches op haar maag en langs die kant soms van die plekke is dit stukkend maar nou gaan haar Maag pap en snaakse grys kleur sy is soos ons kind en Wil haar bitter graag nie lat uitsit nie, sy eet maar n mens kan sien sys siek want sy le Wie kan enige raad aanbeveel groot asb sys omtrent so 8 jaar oud byvoorbaat Baie Dankie

Lewer kommentaar

Leave a Reply