Op 29 Augustus om 14h00 sal Theo Kleynhans sy laaste openbare verskyning maak by ‘n uitstalling by die Art.b-galery in Bellville, getiteld You think you’ve got time. Dit sal veel meer as net ‘n uitstalling wees. Dit sal ‘n viering wees van Theo se lewe, sy kuns, die mense vir wie hy lief is, die vriendskappe wat hy gebou het en die kreatiewe reis wat hom gevorm het.
Van Suid-Afrika se beste kunstenaars en Theo se vriende het saamgespan en kunswerke aan hierdie spesiale uitstalling geskenk. Die opbrengs sal bydra tot Theo se palliatiewe sorg.

You think you’ve got time
You think you’ve got time

Lewer kommentaar

Leave a Reply