Luna Paige neem die nuwe album, Die Reisigers, en kuns deur Theo Paul Vorster op toer. Die show is nuut verpak en vol verrassings. Saam met Luna op die verhoog is Theo se kuns, Mauritz Lotz op kitaar, André Scheepers op klawerbord én elektronika – en Luna soos oudergewoonte – op klavier en kitaar. Briers Coetzee sorg dat die klank betower. Tien konserte in vyf provinsies. Vir besonderhede en kaartjies, besoek Luna se webwerf sommer nou. Koop vroegtydig jou kaartjies en help Luna om die toer met gemoedsrus aan te pak. Sien jou daar.

Lewer kommentaar

Leave a Reply