#Aardklop Games People Play

Die speletjies wat ons met mekaar speel, is nooit onskuldig nie.

Dit is niks anders as geheimsinnige en oneerlike sosiale transaksies wat mense met mekaar aangaan nie.

Dít is hoe Eric Berne in die jare sestig met sy omstrede boek, Games People Play, ’n heel nuwe betekenislaag ontgin. ’n Verskeidenheid kunstenaars is uitgenooi om
rondom hierdie boeiende tema werke vir die fees te skep. Die resultaat is ’n groepuitstalling met uiteenlopende mediums – van twee- tot driedimensionele werke – waarin “speel” op veelvlakkige en deurtastende wyse ondersoek word.

Saamgestel deur Gordon Froud en Yannis Generalis.
Met werke van onder andere Froud, Sybrand Wiechers, Louise Kritzinger en Lucas Thobejane.

Genre: Kuns
Ouderdomsbeperking: Ouerbegeleiding
Kaartjies: Gratis
Plek: Botaniese tuin-kunsgalery – Puk-kampus, Potchefstroom
Datum: 6 – 10 Oktober

Aardklop 2015

Games People Play,
Roekeloos,
18 September 2015.

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply