#Aardklop Monologues

Monologues is ’n groepuitstalling wat werke van agtien kunstenaars insluit, met Meredith Randall as die kurator.

Die opdrag aan elke deelnemende kunstenaar was om ’n monoloog in kunsvorm uit te beeld.

Hoewel meerstemmigheid hierdie boeiende uitstalling kenmerk, is daar tog ooreenstemmende onderwerpe wat die werke laat saampraat. ’n Wye verskeidenheid van mediums word ingesluit –
van skilder-, druk- en beeldhouwerk tot foto’s, video’s en juweliersware.

Die deelnemende kunstenaars sluit in Liberty Battson, Angus Taylor, William Kentridge, Marguerite Stephens, Frederick Clarke, Starry Eve Collett, Pierre Fouché, Aubrie Fourie, Bongani Khumalo, Lawrence Lemaoana, Monkeybiz, Andrew Putter, Ruth Sacks, Rina Stutzer, Kirsten Goss, Philippa Green, Liz Loubser en Marchand van Tonder.

Genre: Kuns
Ouderdomsbeperking: Ouerbegeleiding
Kaartjies: Gratis
Plek: Alumni-saal, kykNET Ouditorium, Amfiteater, Lover’s Lane en Puk-kampus Biblioteek, Potchefstroom
Datum: 6 tot 10 Okt. – 09:00

Aardklop 2015

Monologues,
Roekeloos,
19 September 2015.

2

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar