Arlette Franks se inspirasie is die woorde en beelde wat ons daaglikse media domineer. Bananas, Elephants and Teapots is ’n versameling collages op doek, werke waarin sy vrae vra en kommentaar lewer oor politieke en sosio-ekonomiese kwessies.
Die uitstalling is by die Liebrecht Galery in Somerset-Wes vanaf 20 April tot 4 Mei 2014.

