Gratis kunskritiek

Bert du Plooy, ‘n bekende plaaslike kunstenaar In Grootbrakrivier, bied op 24 September vanaf 14:00 tot 16:00 gratis kunskritiek en ‘n kunsklas vir streekskunstenaars aan in enige medium by die Grootbrak Museum.

Bert bied ruimskoots advies en leiding in kreatiwiteit, komposisie, ontwerp , lyn, vorm, ritme, tekstuur, vorm en die hantering van enige kunsmateriaal of medium.

Bring jou eie kunswerk saam vir evaluaring en positiewe kritiek. Die eeste ses kunstenaars sal geleentheid kry om individueel met Bert te gesels vanaf 14:00 tot 15:00 en vanaf 16:00 sal daar groepsbeoordeling wees. Jmmer oor die kort tydjie wat toegalaat word …

Bert nooi plaaslike kunstenaars om gerus ‘n vrywillige donasie aan die Muse Fees se Organiseerders te maak aangesien die spannetjie hul tyd en dienste gratis bied om die Muse Fees ‘n sukses te maak.

Bespreek aseblief by Bert du Plooy by Tel (044)620-2883 of Sel: 078-235-5342

Muse-Fees 2014

Lewer kommentaar

Leave a Reply