Groen in die Paradys

Fritz Olivier en Anneke van die Rok Shoppe beplan ‘n nuwe Garden of Eden-lentereeks vir 2014 wat Donderdag 25 September tydens die groot Muse-fees in die Ou pastorie Teetuin, Grootbrakrivier, bekend gestel gaan word.

Die tema van die modeparade is Groen in die Paradys. Fritz gaan die compère wees en gaan ‘n praatjie lewer: “Ligloop oor die Aarde” tydens die modeparade met idees oor besparing met klerekasbeplanning en algemene besparing om die las op die aarde ligter te maak en dames meer bewus te maak van hoe om groen te wees met hul klere en watter tipe materiale om te kies.

Gaste kan uitsien na ‘n heerlike ligte organiese ete – iets vrugtigs, sê hulle, wat lig en heerlik is.

Kaartjies kos R100.00 per persoon en sluit die ete sowel as die hele modeparade-ondervinding in. Betaal jul kaartjies vroegtydig by: Ou Pastorie Teetuin:
Adele 083 633 2071 of
Nadia 083 633 1338 of

Die Rok Shoppe:
Fritz 082 632 7202
Anneke 082 881 6193.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar