Our Land / Ons Land

Our Land / Ons Land,
Roekeloos,
16 September.

Our Land / Ons Land is ’n besondere uitstalling wat Pierneef se ikoniese panele van die Johannesburg-stasie onder oë neem.

JH Pierneef het in 1929 opdrag gekry by die SA Spoorweë om 32 werke te skep vir Johannesburg se nuwe stasie wat Suid-Afrika se historiese en natuurlike erfenis uitbeeld. Die doel was dat dit toerisme en treinreis in Suid-Afrika sou aanmoedig. Die werke beeld landskappe uit van Louis Trichardt tot Hermanus. Vandag word dit gesien as een van die mees belangrikste versamelings van landskapskilderye deur ’n Suid-Afrikaanse kunstenaar.

Die skilder Carl Becker en fotograaf Monique Pelser het die oorspronklike landskappe besoek waar Pierneef se werke hul oorsprong gekry het en hul eie interpretasie daarvan gegee. Die uitstalling is by die Durban Art Gallery (DAG) van 18 September tot 26 Oktober, 2014. Die DAG is op die tweede verdieping van Durban se stadsaal.

Pierneef se oorspronklike panele is tans te sien by die Rupert Museum in Stellenbosch.

Drakensberg, JH Pierneef
Drakensberg, JH Pierneef
Drakensberg, Carl Becker
Drakensberg, Carl Becker
Drakensberg, Monique Pelser
Drakensberg, Monique Pelser

4

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar