In haar jongste solo-uitstalling, Heaven and Earth, neem Bronwen Findlay die geheimsinnige Middeleeuse tapisserieë The Hunt of the Unicorn as vertrekpunt vir die verkenning van ’n verbeeldingryke diereryk in skilderkuns, linosneewerk en mosaïek.
Findlay beskryf haar werk as oor “alles – oor die hemel en die aarde daaronder” en in Heaven and Earth gebruik sy die tonele van daardie Middeleeuse tapisserieë as vertrekpunt en smelt die aanskoulike beeldmateriaal saam met haar eie konsepte en verwysingsraamwerk. Sy manipuleer kleur met dik kwasstroke wat blomme, honde en konyne laat leef.
Heaven and Earth is by die Everard Read Galery in Rosebank tot 14 Maart 2020.

