Jamie Adams pak sy onderwerpe aan met die vernuf van ’n klassieke meester. Hy skilder slegs dinge waarvan hy hou: sy vrou, sy kinders, vroue, liggame, films en ander skilderye. Ons kyk dus na sy intieme gedagtewêreld wat hy met opset dramaties voorstel.




