Verlede jaar het die Kalfiefees-kunsuitstalling by die munisipale ouditorium gedebuteer.
Die idee daaragter was iets soos die Mohammed-en-die-berg-storie – in stede daarvan dat kunsliefhebbers Hermanus, Sandbaai en Onrus se strate moet platry opsoek na ’n kunstenaar se huis, en hoop hulle ís by die huis, is deelnemende kunstenaars se werke nou saam onder een dak, by die Burgersentrum, Hermanus.
Vanjaar word dié wenresep weer aangebied.
By die laaste opname deur Derrick Dickens (self kunstenaar en ook draer van die kunshoed op die Kalfiefeeskomitee) was daar meer as 11 kunsgalerye wat van hul werke gaan ten toon stel en meer as 20 individuele kunstenaars.
