Madiba’s Blu-Era

’n Versameling werke deur die kunstenaar Dr Willa Boezak word ten toon gestel by die Kunstekaap in Kaapstad tot 11 Januarie 2015.

Kunstekaap huisves die versameling ter herdenking van Nelson Mandela se dood. Hierdie unieke uitstalling reflekteer die mees onstuimige jare van Mandela se lewe.

Madiba’s Blu-Era is ’n chronologiese reeks van 12 werke wat ’n aantal prominente jazz / blues kunstenaars uitbeeld wat simbolies Madiba se gemoedstoestand uitbeeld op belangrike stadiums van sy lewe oor ‘n tydperk van 67 jaar.

Dr Boezak het al vir ’n hele aantal jare nie meer geskilder nie, maar is aangemoedig om sy kwas vir die uitstalling by die Kunstekaap. Die meeste van Dr. Boezak se skilderye is in privaat versamelings.

Madiba’s Blu-Era herdenk en vier die pad na vryheid en die globale erfenis van Nelson.

Besigtigingstye is daagliks van Maandag tot Saterdag 10h00-20h00. Toegang is gratis. Diegene wat belangstel om werke uit die versameling te koop kan Alison Boezak kontak by 076 542 6853 of alisonboezakwhite@gmail.com .

Farewell to Sophiatown
Farewell to Sophiatown
A Breath of Freedom
A Breath of Freedom
Dr Willa Boezak
Dr Willa Boezak

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar