Januarie
27 – Pete Seeger – Die Amerikaanse musikant Pete Seeger sterf in die ouderdom van 94 jaar.
Februarie
2 – Die akteur en regisseur Philip Seymour Hoffman is dood aangetref in sy New York woonstel. Hy was 46 jaar oud. Sy dood is toegeskryf aan ‘n oordosis dwelms.
Maart
20 – Die Afrikaanse skrywer Hennie Aucamp is in sy slaap oorlede in die ouderdom van 80 jaar.
April
6 – Een van Hollywood se grootste sterre, Mickey Rooney, oorlede in die ouderdom van 93 jaar.
29 – Die akteur Bob Hoskins sterf in die ouderdom van 71 jaar.
Julie
13 – Die skrywer Nadine Gordimer is stil in haar slaap oorlede.
17 – Die Amerikaanse aktrise Elaine Stritch sterf in die ouderdom van 89 jaar.
Augustus
11 – Die Amerikaanse akteur Robin Williams pleeg selfmoord in die ouderdom van 63 jaar.
12 – Hollywood legende Lauren Bacall sterf in die ouderdom van 89 jaar weens ‘n beroerte.
24 – Bekende Britse akteur en regisseur Richard Attenborough sterf in die ouderdom van 90 jaar.
31 – Musikant en storieverteller Ollie Viljoen (75) is in sy slaap oorlede.
September
4 – Die Amerikaanse aktrise Joan Rivers sterf in die ouderdom van 81 jaar.
Desember
22 – Die Britse musikant Joe Cocker (70) sterf aan longkanker.
