Meer as 300 illustreerders wêreldwyd het poskaarte gemaak vir dié reisende uitstalling versamel ter ondersteuning van vlugtelingkinders.
Migrations, met Piet Grobler as kurator, is pas terug van Bratislava in Slowakye en van die Woordfees af op pad na Japan, Engeland en die Internasionale Kinderboekfees in Italië in 2019.
Piet gesels met twee bekende plaaslike illustreerders en die internasionaal bekroonde Brasiliaan Roger Mello, almal deel van die projek. Daarna kan die hangende kunswerkies bekyk word.
Met: Piet Grobler, Paddy Bouma, Dale Blankenaar & Roger Mello
Genre: Visuele Kunste
Taal: Afrikaans & English
Ouderdomsbeperking: –
Tydsduur: 1 uur
Kaartjies: R50 | R60 by die deur
Plek: Seminaarkamer, Stellenbosch
Datum: 5 Maart 2018, 18:00
Woordfees 2018
Migrations-Migrasies

Migrations-Migrasies
Roekeloos
3
