Elke Woensdag om 16h00 werp Strauss & Co lig op ’n plaaslike museum in hul weeklikse Museum Moments-praatjie.

In ’n tyd wat al hierdie interessante ruimtes toegesluit staan word gefokus op die wonderlike kunsversamelings wat hulle bevat. Museumkurators bespreek die verhale agter die versamelings en hoe die werke bymekaar gebring is.

Behalwe vir die inligting oor die versamelings bied Museum Moments ook boeiende insigte in die geskiedenis van elke lokaal, die oorsprong, argitektuur, visie en aktiwiteite, en word daar ook gekyk na minder bekende Suid-Afrikaanse kunsmuseums sowel as die meer bekende.

Jy kan hier by die Zoom-praatjies aansluit.

Datums vir die volgende Woensdae
24 Junie 2020, Oliewenhuis Kunsmuseum, Bloemfontein
1 Julie 2020, Boerneef Versameling, Welgemeend, Kaapstad

Indien jy ’n praatjie mis kan jy opvang by Strauss & Co se YouTube-kanaal.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar