Ben Botma haal Chuck Palahniuk aan: “The unreal is more powerful than the real. Because nothing is as perfect as you can imagine it. Because it’s only intangible ideas, concepts, beliefs, fantasies that last. Stone crumbles. Wood rots. People, well they die. But things as fragile as a thought, a dream, a legend, they can go on and on.”
Kuns, argitektuur, musiek en poësie is die manifestasies van die mens se drome, vrese, spiritualiteit en gedagtes. In die werke op uitstalling is die plaaslike kunstenaar Botma op soek na die onderliggende onderbewuste band tussen hierdie kulturele manifestasies. Hierdie uitstalling bestaan uit ’n seleksie van werke in verskeie media van sy studentejare tot vandag.
Plek: Oliewenhuis Kunsmuseum, Bloemfontein, tot 27 Augustus 2017.