Nóg ‘n skildery met Zuma se “tradisionele wapen”

Die keer is die kunstenaar Ayanda Mabulu en die galery is die AVA-galery in Kaapstad, maar die fokuspunt is weer president Jacob Zuma se geslagsdele.

Mabulu se “Umshini Wam” (wapen van massavernietiging) vertoon die president in tradisionele drag, met ‘n ontblote penis. Volgens die kunstenaar is die ontblote penis om hom te onderskei van seuns; ‘n metafoor vir ‘n vader en leier – een aan wie vrae gevra word oor hoekom hy sy volgelinge verwaarloos.

Die uitstalling wat gister begin het is getiteld Our Fathers en bevat ook werk van onder andere Brett Murray, Charles Maggs en Khayalethu Witbooi.

“Umshini Wam” is te koop vir R75 000.

Umshini Wam
Umshini Wam

Besoek ‘n Kunsgalery!

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar