Opening van Cederberg Kunsuitstalling

Hansie Oosthuizen en Marlize Stone bied ‘n audiovisuele program aan ter ere van Titia Ballot: feeskunstenares van die Cederbergfees 2012.

Titia Ballot, ontvanger van die Erepenning vir Visuele Kunste van die S.A. Akademie vir Wetenskap en Kuns in 2008, is veral bekend vir haar etse en pasteltekeninge. Haar werk is in kunsversamelings hier en in die buiteland opgeneem soos o.a. die Iziko Nasionale Kunsmuseum in Kaapstad, die Sasol Kunsmuseum in Stellenbosch en die Pretoriase Kunsmuseum.

www.titiaballot.com

Cederbergfees 2012

Die Kunshuis, Clanwilliam
Vrydag 27 April, 19h00
Toegang: Gratis

Titia Ballot

Lewer kommentaar

Leave a Reply