Die uitstalling Performing Wo/Man se deure gaan op 6 Augustus 2014 oop by die UJ Kunsgalery in Auckland Park. Dit ondersoek kwessies rondom geslagsidentiteit in Suid-Afrika. Die kurator is Derek Zietsman.
Die kunstenaars wie se werk uitgestal word, is Bambo Sibiya, Bevan de Wet, Christiaan Diedericks, Collin Cole, Daandrey Steyn, Derek Zietsman, Diane Victor, Gordon Froud, Karin Preller, Grace da Costa, Jaco van Schalkwyk, Paul Molete, Richardt Strydom, Robert Hamblin, Sarah Ballam, Steven Bosch, Sybrand Wiechers, Tanisha Bhana en Yannis Generalis.
Die uitstalling duur tot 10 September 2014.
