#Kalfiefees Emile Minnie: Wagtende nasie

Emile Minnie: Wagtende nasie
Roekeloos
1 Augustus

Emile Minnie bring hulde aan Suid-Afrikaners wat hom al geïnspireer het: hetsy met hulle heldhaftigheid, hulle woema of hulle hairstyle.

Dink aan Wolraad Woltemade en Racheltjie de Beer se heldedae, Glenda Kemp wat met Oupa die luislang gedans het, die nimlike Nataniël, die dinamiese Charlize Theron, en natuurlik ons eie Evita Bezuidenhout. Almal kry ‘n mention en almal kry ‘n liedjie.

Emile Minnie is ‘n bekroonde sanger, klavierspeler en liedjieskrywer. Sy vertonings is propvol humor en energie, en met hierdie vertoning kan gehore weereens seker wees van goeie vermaak.

Met: Emile Minnie

Genre: Musiek
Ouderdomsbeperking: Geen o/14 jaar
Tydsduur: 60 minute
Kaartjies: R90
Plek: Sprokkelster, Hermanus
Datum: 13h00, 10 Augustus 2014

Kalfiefees 2014

2.5

Lewer kommentaar

Leave a Reply