Hoofgroepuitstalling by Aardklop vanjaar.
Verwag die onverwagte soos jy verstrengel raak in die kunstenaars se kreatiewe visies om die hooftema, Spoke, Diewe en Digters.
’n Keur van kunswerke deur visuele kunstenaars oud en jonk, van wyd en syd (en noord en suid) word bymekaar gebring deur feeskurator Johan Thom.
Die uitstalling se oogmerk is om die hooftema van die visuele kunste konkrete vorm te gee. Hou jou oë oop vir onder meer die spookagtige donker werk van fotograaf Roger Ballen, verwonder jou oor die skerp konseptuele inslag van Raimi Gbadamosi en Usha Seejarim, die wonderlike woordkuns van Sharon Morris uit Londen, asook ons eie Stefan Erasmus en Willem Boshoff se besondere werk.
Lieflike skilderwerk deur Dylan Graham en Frederick Eksteen sal te sien wees, asook grensverskuiwende beeldhouwerk deur onder meer Angus Taylor, Avi Sooful en Sarel Petrus. Natuurlik sal daar ook nuwe stemme opklink deur opwindende, jong dinamiese kunstenaars soos Shenaz Mahomed en Potchefstroom se eie Cazlynne Peffer.
Met:
Usha Seejarim (Johannesburg)
Marina Abramović (Serwië)
Sarel Petrus (Pretoria)
Raimi Gbadamosi (Johannesburg / Londen)
Angus Taylor (Pretoria)
Stefan Erasmus (Johannesburg)
Dylan Graham (Pretoria)
Avi Sooful (Pretoria)
Olu Oguibe (Connecticut)
Frederick Eksteen (Pretoria)
Sharon Morris (Londen)
Willem Boshoff (Johannesburg)
Cazlynne Peffer (Potchefstroom)
Shenaz Mahomed (Pretoria)
Abrie Fourie (Berlyn)
Jodi Bieber (Johannesburg)
Bronwyn Lace (Johannesburg)
Kurator: Johan Thom
Spoke, diewe en digters
Genre: Kuns
Plek: Potchefstroom
Datum: 2 – 7 Oktober
Spoke, diewe en digters
Spoke, diewe en digters
Roekeloos
3