Tension Torsion: 20 Years on

Tension Torsion: 20 Years on is ‘n groep-uitstalling by die Ithuba Kunsgalery saamgestel deur Farieda Nazier, met Gordon Froud, Avitha Sooful en Oupa V. Mokwena.


Dit is ‘n kuns-gebaseerde sosiale ingryping wat bestaan uit ‘n kunsuitstalling van beeldhou installasies en ‘n kritiese openbare onderwysprogram . Die projek loods gedurende die nasionale herdenking van twee dekades van demokrasie, ‘n kritieke tyd om te besin oor Suid-Afrika se versoeningsprosesse.

Die uitstalling is ‘n platform vir die kunswerke van ‘n demografies diverse groep kunstenaars: Farieda Nazier, Gordon Froud, Avitha Sooful en Oupa V. Mokwena . Hulle werk ondersoek die paradoksale beskouings van omstrede sosio-politieke temas soos dit ontvou binne die netelige konteks van ons ervaringe oor die afgelope 20 jaar.

Gordon Froud is aktief betrokke by die Suid-Afrikaanse en internasionale kunswêreld as kunstenaar, onderwyser, kurator en galery-eienaar . Sy ongetitelde kunswerk in dié uitstalling kritiseer die idees oor spanning binne omstrede werke van kontemporêre Suid-Afrikaanse kunstenaars .

Oupa V. Mokwena is ‘n kruis tussen ‘n ambagsman en kunstenaar wat gebaseer is in Tshwane. Mokwena se werk, getiteld “Our Gnomes”, dekonstrueer die Afrika tokkelossie mitologie deur dit binne die domein van die Suid-Afrikaanse politiek te posisioneer.

Farieda Nazier is ‘n kunstenaar, navorser en opvoeder wat in Johannesburg woon. Haar werk “Nag vannie lang latte”, is ‘n satiriese blik op die ironie en spanning wat bestaan binne die uhuru-mitologiese “Nag van sterf lang messe”.

Nag vannie lang latte
Nag vannie lang latte

Avitha Sooful is ‘n kunstenaar en akademikus, wat in die professionele omgewing van die visuele kunste gewerk het vir die grootste deel van haar akademiese loopbaan . “Bite the Bullet” is ‘n keramiek installasie van 19 reuse gebruikte patroondoppies en 5 koeëls, wat die betwiste en gewelddadige nalatenskap van Suid-Afrika uitbeeld.

Die Ithuba kunsgalery se straatadres is Jutastraat 100, Braamfontein. Die ingang is in Biccardstraat. Die uitstalling begin 20 Maart om 18h00 en duur tot 17 April. Dit is oop vir besigtiging van Woensdae tot Saterdae, van 11h00 tot 16h00.


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply