Landskappe in ’n verskeidenheid style en mediums deur Laurel Holmes, Kirsten Mumford, Carol van Tonder, Jan van Schalkwyk en Belinde Fourie. Dit is die uitstalling The Animate Earth bestaan. Galery on 6th in Parkhurst, Johannesburg is vanaf 6 tot 27 September gasheer vir die uitstalling, Dinsdae tot Saturdae tussen 10h00 en 15h00.
Volgens die kurator van die uitstalling, Ronel Wheeler, is die doel van die uitstalling om bande te smee met die aarde as ’n lewende wese wat ander lewens onderhou.
Alle kunsliefhebbers word na die opening op 6 September om 12h00 genooi, om te luister na Karin Preller, ’n gevierde stillewe-kunstenaar.



