Gewilde pianis Rocco de Villiers bring ‘n versameling van gunstelinge en nuwe musiek na Stellenbosch. Hy gesels en speel musiek oor sy liefde vir die landskap soos die Vrystaat en Meiringspoort. Hy speel musiek vanaf sy opkomende album, My hande is my rande wat nuwe treffers soos “Ek vermis jou” insluit. Maar die konsert spog ook met ou treffers met nuwe baadjies.

1Sondag, 1Rocco, 1Klavier, 1Konsert, 1Pakklere maar soveel meer.

Sondagmiddag op sy beste.

Rocco CDs, boeke, sokkies, vertoonbakke en speelgoedklaviere by die deur.

Lewer kommentaar

Leave a Reply