
123 is een van die juwele wat jy by vanjaar se Bushfire in Swaziland sal vind. Dié Turkse Indie pop band verlei al wat ’n gehoor is met hul interessante lirieke wat oorgedra word op meesleurende melodieë.
Mens kry nie sommer die geleentheid om so ’n groep te sien op ’n Suider-Afrikaanse fees nie, maar danksy die Turkse regering sal hulle in die Ezulwini-vallei wees.
Plek: House of Fire, Ezulwini-vallei, Swaziland
Datum: 29 – 31 Mei 2015
Bushfire 2015
