#Aardklop After-party

Laataand weerklink die klanke gemik op die jonges van gees met Bittereinder, Jack Parow en DJ Naaldekoker wat tot 00:30 die Aardklop-terrein op horings gaan neem. Daar is elke aand om 22:00 ’n after-party op die kykNET Musiek-
verhoog, maar op 10 Oktober kan jy spesiaal net vir dié after-party ’n kaartjie koop, of jy kan aanbly na die hoofverhoogmusiekkonsert en by die jonges aansluit.

After-party kaartjies sluit net toegang in vir die after-party. Toegang tot die terrein op dié kaartjie is geldig van 21:00 af. Gewone Vrydag-kaartjies gee ook toegang tot die after-party.

kykNET Musiek-verhoog, Feesterrein, Potchefstroom
150 minute – R50
10 Oktober – 22:00 (toegang vanaf 21:00)

Aardklop 2014

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar