#Aardklop Randall Wicomb – Kleur – My lewe, my lied

Kom sluit aan by Randall Wicomb vir ’n uur (met ’n gratis glas wyn) waarin hy gesels oor sy boek, Kleur – My lewe, my lied, en as ’n bonus ook die kitaar gaan optel.

In dié biografiese verhaal (geskryf deur Amos van der Merwe) vertel Randall van die humor, suksesse en mislukkings wat van hom ’n huishoudelike naam gemaak het.
Nou, ná die diagnose van gevorderde kanker, plaas hy sy lewe onder ’n vergrootglas om sin te maak van die vele hoogte- en laagtepunte. Sy soektog na identiteit word ’n intense ontboeseming van ’n man wat – met ’n glimlag en ’n traan – nie skroom om foute te erken en hoop te deel nie.

Genre: Boeke
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Kaartjies: Gratis
Tydsduur: 60 minute
Plek: ATKV Boeke-oase, Potchefstroom
Datum: 6 Okt. – 18:00

Aardklop 2015

Randall Wicomb – Kleur – My lewe, my lied,
Roekeloos,
20 September 2015.

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply