Afrika Africa in Afrkaans

‘n Unieke musiekproduksie met uiteenlopende stemme.


`Afrika in AfrikaansDie produksie bring die ryk teksture van eeue-oue Afrika-tale in ‘n unieke samesmelting met Afrikaans; ou bekende en moderne songs met ‘n splinternuwe kruisbestuiwing tussen die soms vreemde tongval van ons land se amptelike 11 tale.

Die gehoor kan uitsien na die onverwagse samekoms van liedjies soos “Mmangwane mpulele” (tradisionele Sotho wiegelied gekombineer met “Nankipoe” van Mynie Grove, Johnny Clegg se “Spirit of the great Heart” in Afrikaans, “Kinders van die wind” in Zulu, en Koos Kombuis wat heel ondeund met Mango Groove toi-toi in “Township Groove”.

Suid-Afrikaners praat verskeie tale wat ons almal dalk herken maar nie altyd verstaan nie, so hierdie keer ululeer ons oor grense heen en maak musiek met ‘n nuwe Afrika-tromslag.

Met: Gloria Bosman, Anna Davel en Timothy Moloi
Regie: Janine Neethling
Tromme: Kevin Gibson
Bas: Schalk Joubert
Kitaar: Juan Oosthuizen
Saksofoon en klawerbord: Brendan Ross

Genre: Musiek
Taal: Verskeie
Ouderdomsbeperking: Geen
Kaartjies: R190
Tydsduur: 90 minute (met 20 minute pouse)
Plek: Oude Libertas Amfiteater, Stellenbosch
Datum: 27 Februarie 2016 – 18:15

Afrika Africa in Afrkaans,
Roekeloos,
8 Oktober 2015.

2

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar